
Arm Afrikaners - Hoe gemaak?
Dokumentér - Woorde uit sy Woning, Solidariteit Helpende Hand
HelpendeKerke Kongres: Vandag se Afrikaner armoede het nie skielik gekom nie ... nie soos na die Anglo-Boere Oorlog nie. En toe die groot Depressie van 1930 nie. Nee, vandag se Afrikaner armoede het sedert 1994 ons stadig bekruip en toe versnel. Vandag sit ons met 'n groot probleem en dit vra 'n groot oplossing.
As u 'n donasie wil maak om arm Afrikaners by te staan: besoek Solidariteit Helpende Hand: https://sluitaan.co.za/
Daar sal u verskillende projekte van hulle vind, oa #StopHonger, Bemagtig 'n Kind, Bejaardes, Persone met gestremdhede, ens. https://helpendehand.co.za/donasie/
Arm Afrikaners - Hoe gemaak? is deur Woorde uit sy Woning vervaardig in opdrag van Solidariteit Helpende Hand. Ons is 2 afsonderlike entiteite met 'n hart vir dieselfde saak. In hierdie 17 minuut lange video kom vier temas rondom armoede kortliks aan die orde.
Ons kyk eerstens na die omvang van die probleem en hoe dit ons mense raak, hoe dit ons gemeentes begin raak. Die werkloses, die dakloses, die kosloses en moedeloses kan nie meer langer misgekyk word nie. Hulle is daar ... daar langs die paaie, by die verkeersligte, op die sypaadjies, in 'n motorhuis agter in iemand se erf. Omdat dit nie die eerste keer is dat hierdie soort ellende ons mense tref nie, kan ons uit die geskiedenis leer.
Dr Danie Langer neem vir ons uit die verlede wat goed is: die insigte van iemand soos Vader Kestell, die voorbeeld wat ons gehad het van kerke en Afrikaner gemeenskap organisasies wat hande gevat het en daadwerklik opgetree het, arbeidskolonies gestig het, kinderhuise opgerig het, studiefondse geskep het.
So is daar vandag ook weer gemeentes wat hulle roeping om hulle volksgenote te help, op verskillende wyses uitleef. Sommige bedryf sopkombuise, ander reël spesiale kampe om die Evangelie aan kinders uit verarmde gemeenskappe te bedien, ander gee weer Godsdiensonderrig by skole. Kortom, hulle kom hulle diakonale plig na om die liefde van Christus buite die grense van die kerk aan ander te bedien.
Solidariteit Helpende Hand wil presies dit wees wat hulle naam sê: 'n helpende hand aan Afrikaner gemeenskappe, maar ook in besonder 'n helpende hand aan kerke, sodat hulle in hulle liefdesdiens versterk kan word. Armoede moet verlig word, maar ook verbreek en voorkom word en daarom bied Helpende Hand se holistiese benadering 'n wye reeks dienste wat strek van basiese noodverligting, tot gemeenskapsentrums, tot studiebeurse en opleidingsgeleenthede. Kom laat ons handevat!
Bron: Dokumentêre video vervaardig deur Gustav en Ina Opperman Woorde uit sy Woning in opdrag van Solidariteit Helpende Hand vir die HelpendeKerke Kongres 2022 02 23
Music used in this video: Soltech Roepstem commissioned by Solidariteit. This video is commissioned by Solidariteit Helpende Hand, an affiliate of Solidariteit. Mynette Potgieter of Coleske Group: Digital Operations provided permission for use of this track.
Music used in this video obtained from YouTube Audio Library. With thanks and appreciation:
1) A brighter heart Creative Commons Attribution 4.0 A Brighter Heart by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/ Artist: http://audionautix.com/
2) Early Avril YouTube Audio Library License
3) Rich in the 80s YouTube Audio Library License
4) Icelandic Arpeggios YouTube Audio Library License
5) First dream YouTube Audio Library License
6) Large Smile YouTube Audio Library License
7) Turning slowly YouTube Audio Library License