top of page

Geloftedag: Het dit nog 'n toekoms?

Geloftedag - Woorde uit sy Woning

“Daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die HERE God is, bo in die hemel en onder op die aarde, daar is geen ander nie. En jy moet sy insettinge en sy gebooie hou wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed mag gaan, en dat jy die dae mag verleng in die land wat die HERE jou God jou vir altyd sal gee.” Deuteronomium 4:25-40 Ds Gustav Opperman Geloftedag Wonderboompoort Geloftedag of Dingaansdag soos dit voorheen geheet het, is een van die mees onverklaarbare verskynsels in ons volkslewe. Dis eienaardig in sy oorsprong ... en dis eienaardig in sy oorlewing teen alle verwagting in. Ek glo natuurlik dat Geloftedag sal oorleef ... nie net sal oorleef nie, maar dat dit ook ‘n groot toekoms het. Ek sien Geloftedag gewortel in ons volk se wese ... Ek sien Geloftedag gewortel in hierdie volk se geloof ... meer spesifiek, sien ek Geloftedag gewortel in hierdie volk se gereformeerde geloof Ons herdenk vandag 'n besonderse dag 16 Desember 1838 die dag toe God sy kinders uit 'n hopelose situasie gered het … die dag toe God uiteindelik vir ons voorouers 'n staanplek in hierdie land gegee het … Terselfdertyd, feesgenote as ons vandag hierdie dankfees hou … doen ons dit tog met 'n groot mate van kommer … Daar is by ons 'n bekommernis … want ons voel aan … dat ons staanplek in hierdie land nie meer so seker is nie … Ons posisie is nie meer so seker nie … Oral rondom ons is daar weer besig om Dingaans op te staan ... Die Afrika-heidendom het lankal reeds sy tande begin wys in Zimbabwe en die Presidente van ons land swyg steeds in alle tale … Die Suid-Afrikaanse regering het sy eie agenda wat hy noem grondhervorming. en diegene wat die taal van “grondhervorming”praat begin nou ook die taal praat van “grondonteiening” … Intussen word die maklike teikens op die plase deur moordenaars afgepik … Nou 'n eensame boer hier … More 'n bejaarde egpaar daar … En niemand kan daar iets aan doen nie … Ja, ons is nie meer so seker dat ons dae verleng gaan word in die land die land wat die Here ons God aan ons gegee het nie … Ons staanplek het glibberig geword Ons is nie meer so seker van ons kinders se erfdeel in hierdie land nie … Die Here is God daar bo in die hemel Maar die Here is God ook hier onder op die aarde … So leer ons uit die Skrif. Sê Hy nie ook vir ons is Psalm 37 dat ons hierdie aarde moet bewoon nie ? sê Hy nie die regverdige sal die aarde besit en vir ewig daarop woon nie ? sê ons Here Jesus nie: Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe … Daarom is hierdie aarde belangrik en hierdie grond wat ons bewerk en hierdie land wat ons bewoon … dis belangrik … en die gelowige se besetting en bewerking daarvan … dis belangrik … So belangrik dit in die Bybel se tyd was, so belangrik dit in Piet Retief se tyd was .. so belangrik is dit vandag Daarom het God nog altyd lewensruimte vir sy kinders geskep Daarom het God vir sy Seun se broers en susters, vir ons, 'n staanplek in hierdie land gegee Ons voorouers as kinders van die reformasie ... die hervorming wat destyds deur europa gebrand het ... toe God se kinders weer die waarheid van die Skrif ontdek het ... Dis die kinders van die reformasie ... wat 360 jaar gelede hier geland het Hulle het hier aangeland met die Statebybel in die skeepskis Dis die Hugenote-vlugtelinge wat 'n bietjie later hier aangekom het ook met die gereformeerde belydenis op hulle lippe … Uit hulle is daar 'n volk gebore ... 'n Volk gebore uit geloofsvervolging ... eers die Nederlanders onder die Spaanse katolieke ... en toe die Hugenote op vlug van die Franse katolieke ... Op soek 'n land ter bewoning ... Op soek na grond ... Help ons, Here, Help ons om die gereformeerde leer op hierdie kontinent te versprei, so het Jan van Riebeeck gebid … En die Here het ons mense gehelp … Hy het ons 'n staanplek gegee … position: 671
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page