top of page

Nie vir Homself - Grepe uit die lewe van JD Kestell

Solidariteit Helpende Hand

‘n Mini-dokumentêr (20 min) oor die lewe en werk van J D Kestell, beter bekend as Vader Kestell. Die primêre doel van die produksie is om Kestell aan die kyker bekend te stel met besondere klem op sy lewe van diens aan sy volk. ‘n Sekondêre doel is om die JD Kestell Studiebeursfonds van Solidariteit Helpende Hand as ‘n eietydse vorm van dienslewering toe te lig.   Weens die tydsbeperking op die lengte van die eindproduk sal sekere aspekte van Kestell se lewe meer aandag geniet as ander: vroeë besoek aan die Diamantvelde, kennismaking met armoede in sy eie lewe, bekering en studies, terugkeer na Kimberley en aandeel in die daarstelling van die Newton-tehuis. Dan sy vertrek na Harrismith, Anglo-Boere oorlog en nadraai, Ficksburg se kerk word as ABO monument gebou, beroep na Tweetoringkerk, Rebellie en Helpmekaar, stigting van Ons Kinderhuis in Bloemfontein vir weeskinders van die 1918 Grieppandemie, Bybelvertaling, Reddingsdaad, eregas by die Hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument. Afsterwe en begrafnis aan die voet van die Vrouemonument.  


Die JD Kestell Gedenk Studiefonds kon sedert 2010 reeds 400 jongmense bystaan in tye van nood of wanneer hulle ‘n hupstoot nodig gehad het om ‘n betrekking te bekom of bevorder te word. Self persone wat ‘n bestuurslisensie nodig gehad het om sodoende hulle werk te kon behou is deur hierdie fonds bygestaan.   Deur middel van skenkings en donasies kon die Studietrust oor die afgelope 13 Jaar ‘n totaal van R8.5 miljoen uit die JD Kestell Gedenk Studiefonds toeken. Dit is natuurlik alles te danke aan donateurs wat hulle harte oopmaak vir die opheffing van jongmense deur middel van opleiding. 


Solidariteit Helpende Hand kan ook met trots sê dat 40% van die persone wat gehelp is hulle kursusse reeds afgehandel het en die studieskuld terugbetaal het. ‘n Verdere 25% betaal tans terug om sodoende die fonds volhoubaar te maak. Elke rand wat terugbetaal word word teruggeploeg om sodoende weer die volgende behoeftige en verdienstelike persoon by te staan.   Wat vir my so mooi is van hierdie studiefonds is elke aansoeker se unieke storie en die feit dat hulle die geleentheid gebied word om ’n stappie hoër gelig te word uit hulle huidige omstandighede. 80% van die persone wat uit die JD Kestell Gedenk Studiefonds bygestaan is het bevestig dat hulle vandag in ’n beter posisie by hulle werk staan a.g.v. die hulp wat aan hulle gebied is.  


Die JD Kestell-noodfonds staan vir die beginsels waarvoor Kestell gestaan het –  ‘n Volk red homself.  Dra by tot hierdie fonds –  www.sluitaan.co.za   

Webtuiste: www.helpendehand.co.za  

Klik op www.sluitaan.co.za en word vandag nog deel van die Solidariteit Helpende Hand-famile  


Nie vir homself - Grepe uit die Lewe van JD Kestell vervaardig deur Gustav en Ina Opperman Woorde uit sy Woning  in opdrag van Solidariteit Helpende Hand. 

Aanbieder en regie: Gustav Opperman 

Redigering: Ina Opperman 

Vervaardig: 2022 05 30  


 Music used in this video obtained from YouTube Audio Library. With thanks and appreciation: 

1) Lament (Golden Light) Artist: Devon Church YouTube Audio Library License 

2) For Oiginz  by Kevin MacLeod is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/Source: http://incompetech.com/music/royalty-free/index.html?isrc=USUAN1100700Artist: http://incompetech.com/

3) Big Screen  Artist: Silent Partner YouTube Audio Library License 

4) Outro 2022 Music:  Opus One  Creative Commons Attribution 4.0  Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/  Artist: http://audionautix.com/

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page