top of page

Uit Diep van Donker Nagte: Eindhalleluja met gehoor.

Dokumentêr - Woorde uit sy Woning, Reformasie 495

Hoogtepunt uit die gewilde DVD Uit Diep van Donker Nagte. Dis ‘n DVD van die teaterproduksie vol hoop, geloof en blymoedigheid te midde van ‘n verwarde, angstige en gewelddadige wêreld. Die skadukant van die geloofstryd teen die bose word uitgebeeld, maar die werklike Verlosser tree navore. Uit Diep van Donker Nagte … kom die boodskap van Lig, hoop, blydskap, vreugde! Bestel die DVD by . Uit Diep van Donker Nagte Geskryf en opgevoer deur Ina Opperman – Gereformeerde Kerk Centurion, 25-28 Oktober 2017 Uit Diep van Donker Nagte is ‘n verhaal vanuit die oorsprong en verloop van die Reformasie. Die Roomse Kerk het oor eeue heen die Evangelie van God se reddened genade aan sy kinders verduister. Vir hierdie gelowiges het dit nag geword – ‘n troostelose bestaan met vrees in hul harte vir die vagevuur en ‘n veroordelende God. Gedurende 2017 het Protestante wêreldwyd die 500-jarige herdenking van die Reformasie gevier, wat op 31 Oktober 1517 ontvlam het toe Maarten Luther sy 95 stellings teen die kerkdeur van Wittenberg vasgespyker het. Die vervolgdes, martelare en geloofshelde van die 16de eeu was instrumente in God se hand, toegerus met besondere gawes om die dwaalleer te beveg – vandaar die benaming “Protestante”. Hulle wou gelowiges teruglei na die Lig. Die pad wat hulle moes loop, was bitter moeilik en dikwels met bloed deurdrenk. Hulle put hul krag en standvastigheid uit die wete dat hulle verloste kinders van God is. Hulle vertrou hul hemelse Vader. Hy sal uitkoms bring op die regte tyd. Hy is die regverdige Regter. In Uit Diep van Donker Nagte, wat sy inspirasie put uit die dramatise gebeure wat tydens die Reformasie die lewens van gewone gelowiges ingrypend geraak het, verskuif die blik van hierdie vervolgde gemeenskap na die Verlosser, Jesus Christus. En dit bring perspektief. Een van die mooiste, aangrypendste tonele in die produksie is die opstandingstoneel: die gesig op ons hemelse toekoms. Dit is die verhaal wat ons vir die wêreld moet vertel en wat ons kinders moet hoor! Uit Diep van Donker Nagte is ‘n gemeenskapsprojek, aangebied deur toegewyde gelowiges vanuit verskeie gemeentes en gereformeerde kerkverbande. Dis ‘n DVD van die teaterproduksie vol hoop, geloof en blymoedigheid te midde van ‘n verwarde, angstige en gewelddadige wêreld. Dit skyn die lig op die Waarheid, uitgepers in die belydenisse van Luther, Calvyn en De Bres. Die skadukant van die geloofstryd teen die bose word uitgebeeld, maar die werklike Verlosser tree navore. Uit Diep van Donker Nagte … kom die boodskap van Lig, hoop, blydskap, vreugde! Uit Diep van Donker Nagte - Resensies “Met hierdie aangrypende produksie is ons weer teruggevoer na een van die donkerste tye in die geskiedenis van die kerk … maar ons het ook gesien hoe die Here in sy genade deur die bloed van die martelare sy kerk teruggebring het na sy Woord en vasgeanker het in sy Waarheid.” – Jorrie Jordaan, Emeritus professor en Rektor, Teologiese Skool, Potchefstroom “’n Credo de force … ‘n cum laude triomfproduksie met meesterlike regie en woordinhoud … ‘n weergalose verrykende ervaring.”– Eddie Davey, musikus/orrelis “’n Uitstekende geesteswroegende produksie.”– Arie van der Plaats “Baie besonders en diep aangrypend. Nie net ‘n baie goeie historiese perspektief met besondere relevansie vir die hede en ook vir ons in Suid-Afrika nie, maar as sodanig ‘n uitnemende geloofservaring. Mag dit groot vrug dra terwille van die Koninkryk van die hemele!” – Hoffie Hofmeyr, Emeritus professor in Kerkgeskiedenis, Universiteit van Pretoria “Musiek-ensemble en instrumentaliste puik … elke tussenspel treffend … uitstekende verwerkings … sang besonder oortuigend … soliste hartroerend mooi … groots en uit die hart!” – Babs Brouwer, Koorleidster, Potchefstroomse Mannekoor “Ontstellend, ontroerend, insiggewend, opbouend. Dit bied opnuut waardering vir die stryd om die Waarheid en die krag van God se genade in dié wat Hom opreg vertrou. Ons het ‘n kosbare erfenis!” – Jan Buitendag position: 309
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page