top of page

Uit Diep van Donker Nagte: Tetzel verkoop aflate.

Dokumentêr - Woorde uit sy Woning, Reformasie 499

Die aflaatsmous, Tetzel verkoop aflate wat sogenaamd sondevergifnis skenk aan eenvoudige burgers. Luther kom in opstand teen hierdie misbruik. Die rol van Tetzel is met oorgawe vertolk deur oorlede ds Ben Fourie. Uit Diep Van Donker Nagte, is aangebied deur die Gereformeerde Kerk Centurion. Dit is 'n Multimedia-teater-in-die-rondte-produksie as deel van die Reformasie 500 feesprogram van Oktober 2017 DV. Dit het vol sale getrek en die verbeelding van gelowiges aangegryp. Die DVD van 98 minute is weer op versoek beskikbaar. Bestel by . Die skryfster-regisseuse is Ina Opperman. Uit Diep van Donker Nagte - Resensies “Met hierdie aangrypende produksie is ons weer teruggevoer na een van die donkerste tye in die geskiedenis van die kerk … maar het ons ook gesien hoe die Here in sy genade deur die bloed van die martelare sy kerk teruggebring het na sy Woord en vasgeanker het in sy Waarheid.” – Jorrie Jordaan, Emeritus professor en Rektor, TeologieseSkool, Potchefstroom “’n Credo de force… ‘n cum laude triomfproduksie met meesterlike regie en woordinhoud … ‘n weergalose verrykende ervaring.”– Eddie Davey, musikus/orrelis “’n Uitstekende geesteswroegende produksie.”–Arie van der Plaats “Baie besonders en diep aangrypend. Nie net ‘n baie goeie historiese perspektief met besondere relevansie vir die hede en ook vir ons in Suid-Afrika nie, maar as sodanig ‘n uitnemende geloofservaring. Mag dit groot vrug dra terwille van die Koninkryk van die hemele!” – Hoffie Hofmeyr, Emeritus professor in Kerkgeskiedenis, Universiteit van Pretoria “Musiek-ensemble en instrumentaliste puik… elke tussenspel treffend … uitstekende verwerkings … sang besonder oortuigend … soliste hartroerend mooi … groots en uit die hart!” – BabsBrouwer, Koorleidster, Potchefstroomse Mannekoor “Ontstellend, ontroerend, insiggewend, opbouend. Dit bied opnuut waardering vir die strydom die Waarheid en die krag van God se genade in dié wat Hom opreg vertrou. Ons het ‘n kosbare erfenis!” – Jan Buitendag Musiek gebruik in hierdie video: Komposisie en vertolking deur Henning Dafel. Viool: Cathy Dafel position: 321
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page