
'n Herder soos geen ander
Ps 23 Ds Gustav Opperman Psalm Bybelstudie
Dit gaan oor die Naam van die Here. Die Naam van die Here word verheerlik wanneer God se kinders self op die spoor van geregtigheid gelei word en wanneer hulle self verheerlik word, word die Here se Naam verheerlik. Volg die Psalm Bybelstudiereeks: God se Liedere Woensdae op @Woorde uit sy Woning
Martin Luther het die Psalmboek so hoog geag dat hy die Psalms "'n klein Bybeltjie" genoem het. Die Psalms omvat eintlik alles wat ons in die res van die Skrif kan lees. Dit omvat ook alles wat die gelowige hier op aarde kan belewe. Deurgaans word ons in en deur die Psalms voor die ewige God gestel, maar terselfdertyd ervaar ons ook as mense ons plek in die skepping. Verlede, hede en toekoms kom alles in perspektief binne die konteks van die Verbondsgod se handelinge in en deur Jesus Christus soos in die Psalms beskrywe. Hy is die sleutel van die kennis (Luk 11:52) en Hy is ook die regte sleutel van die kennis waardeur die Psalms vir ons ontsluit word.
Bron: Ps 23
Psalm Bybelstudiereeks: God se Liedere
Ds Gustav Opperman
Opnamedatum: 2022 05 31
Music used in this video: 1) Intro: Ouverture: Psalm 130: Original Music for "Uit Diep van Donker Nagte" used in this video: Artist & Composer: Henning Dafel https://www.youtube.com/channel/UCJopIyYm7Cxw_6DbN242GagOverture Sangers: Mandi Opperman (Sopraan), Frikkie van Biljon (Tenoor), Lourens Erasmus (Bas) en Esmarie van Heerden (Alt). Overture Musikante: Henning Dafel - Klavier, Cathy Dafel - Altviool, Liza Cloete (neé Smit) – Viool Wieke de Wet – Harp Louisa van der Walt - Orrel Outro 2022 Music: Music used in this video obtained from YouTube Audio Library. With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0 Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/ Artist: http://audionautix.com/