top of page

Gebruik die HERE se Naam reg! Derde Gebod
Bybelstudie 34 Exodus 20 - Woorde uit sy Woning
Die Derde Gebod sĂȘ: Jy gaan nie daardie Naam oplig vir nietigheid nie! Dink voordat jy daardie Naam op jou lippe neem! Moenie die HERE se Naam ydelik of domweg gebruik nie! Eksodus Bybelstudiereeks: Verlos om te Dien#34 Daar is al meer male probeer om die die boek Eksodus te verfilm. Al die elemente van 'n groot drama is daarin opgesluit. * 'n Opwindende draaiboek. 'n Uitkoms van 'n onderdrukte volk uit die greep van 'n wrede despoot. * Opwindende spesiale effekte van doringstruike wat nie uitbrand nie, tot plae en vloede op 'n ongekende skaal. * Sterk karakters soos Moses en Farao wat onwrikbaar teenoor mekaar staan. In hierdie gebeure skuil daar egter veel meer as net 'n goeie storie. Hierdie is geskiedenis, die geskiedenis van die HERE en sy volk Israel en die wyse waarop Hy te werk gaan om hulle te verlos. In hierdie gebeure sal gelowiges en geloofsgemeenskappe hulself raaksien, maar ook, so bid ons, sal hulle daardeur hul Verlosser Jesus Christus leer ken. Hierdie is die 34ste video in die Eksodus Bybelstudiereeks. U sal daar onder die afdeling: Bybelstudies die duimdruk vind vir die Eksodus Bybelstudiereeks: Verlos om te dien. Bron: Eksodus 20:7 Gebruik die HERE se Naam reg! Derde Gebod Bybelstudiereeks Verlos om te Dien#34 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2019 03 05 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 468
bottom of page