
Hoe ken ons God?
Ps 19 Ds Gustav Opperman Psalm Bybelstudie
Partykeer as jy in God se skepping is en jy sien 'n pragtige sonsondergang of jy sien die son sak oor die see, dan kom daar iets by jou op wat hierdie gevoel beskryf: awesome. Die Afrikaans daarvoor is ontsagwekkend. Volg die Psalm Bybelstudies op Woensdae op woordeuitsywoning.com
Martin Luther het die Psalmboek so hoog geag dat hy die Psalms "'n klein Bybeltjie" genoem het. Die Psalms omvat eintlik alles wat ons in die res van die Skrif kan lees. Dit omvat ook alles wat die gelowige hier op aarde kan belewe. Deurgaans word ons in en deur die Psalms voor die ewige God gestel, maar terselfdertyd ervaar ons ook as mense ons plek in die skepping. Verlede, hede en toekoms kom alles in perspektief binne die konteks van die Verbondsgod se handelinge in en deur Jesus Christus soos in die Psalms beskrywe. Hy is die sleutel van die kennis (Luk 11:52) en Hy is ook die regte sleutel van die kennis waardeur die Psalms vir ons ontsluit word.