top of page

Hoe lank nog?

Bybelstudie 13 Psalms 13 - Woorde uit sy Woning

Hoe lank moet ons nog opgejaag word deur die duiwel wat na die aarde neergedaal het met groot woede, wat gedurig agter God se kinders aanjaag, wat gedurig hulle probeer onderkry. Hoe lank nog? Volg die Psalm Bybelstudies Woensdae op Woorde uit sy Woning. Martin Luther het die Psalmboek so hoog geag dat hy die Psalms “'n klein Bybeltjie” genoem het. Die Psalms omvat eintlik alles wat ons in die res van die Skrif kan lees. Dit omvat ook alles wat die gelowige hier op aarde kan belewe. Deurgaans word ons in en deur die Psalms voor die ewige God gestel, maar terselfdertyd ervaar ons ook as mense ons plek in die skepping. Verlede, hede en toekoms kom alles in perspektief binne die konteks van die Verbondsgod se handelinge in en deur Jesus Christus soos in die Psalms beskrywe. Hy is die sleutel van die kennis (Lukas 11:52) en Hy is ook die regte sleutel van die kennis waardeur die Psalms vir ons ontsluit word. Bron: Psalm 13 Psalm Bybelstudies: God se Liedere Ds Gustav en Ina Opperman Woorde uit sy Woning 2022 03 07 Music used in this video: Intro 1) Ouverture: Psalm 130: Original Music for “Uit Diep van Donker Nagte” used in this video: Artist & Composer: Henning Dafel Overture Sangers: Mandi Opperman (Sopraan), Frikkie van Biljon (Tenoor), Lourens Erasmus (Bas) en Esmarie van Heerden (Alt). Overture Musikante: Henning Dafel - Klavier, Cathy Dafel - Altviool, Liza Cloete (neé Smit) – Viool Wieke de Wet – Harp Louisa van der Walt - Orrel Outro: Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 13 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 8
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page