top of page

Kom my ongeloof tot hulp! Broos en onseker?
Nagmaal Preek Markus 9 - Woorde uit sy Woning
Die ware geloof is ‘n skaars artikel ... Selfs binne in die kerk is dit ‘n skaars artikel ... Ons sit met ‘n kerkvolk met ‘n gebrek aan geloof ... Ons sit met baie skrifgeleerde professore, wat mense net meer laat struikel in die geloof ... Ons sit met getroue dissipels, net so onmagtig in die geloof ... Ons sit met ‘n jeug wat, so lyk dit vir my, in baie opsigte besete is van ongeloof... vasgevang deur elke heidense gees wat daar ookal mag wees ... Vandag, een week voor die bediening van die nagmaal, een week voordat die Here ons geloof hier kom versterk, is ons oproep ... is ons almal se uitroep: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp! Die vader staan daar as spreekbuis vir ‘n hele volk Hy sê: Ek wil glo Ek glo maar kom my ongeloof te hulp ... En hier aan die voet van die berg van verheerliking, geliefde gemeente, hier in die koue kloof van menslike ongeloof hier sien ons weer die taak die Here Jesus op Homself geneem het ... watter taak en watter opoffering! En nou verstaan ons sy woorde as Hy op daardie punt sê: o Ongelowige geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Ons sê partykeer vir mekaar, geliefdes ons sê partykeer dit of dat is meer as wat ‘n mens kan verduur ... Maar hier het ons iets anders ons hoor hier van iets wat amper meer is as wat God self kan verduur ! Dis nie soseer ‘n uitroep van frustrasie nie. Dis ook nie uitroep die magtelose pap Kersfeesbaba nie. Dis nie die uitroep van die bleek, bloedlose vasgenaelde Jesus aan die kruis nie ... o Ongelowige geslag, hoe lank, hoe lank ... ? Nee, dis die uitroep van die Gees van God in Christus Die Gees van God wat voortstu ... Dis Gees van God wat brand van liefde wat dring en dryf dat hierdie mensdom en hierdie wêreld weer herstel moet word ... Dis die Gees van God wat in ongeduld voortstu na Gólgota ... Dis die Gees van God wat roep om Pinkster ... die Gees van God wat roep om uitgestort kan word ... die Gees van God wat roep dat die Beeld van God weer in hierdie volk herstel moet word ... die Gees van God wat sal sorg dat die laaste krieseltjie ongeloof van hierdie aarde weggebrand sal word ... Bron: Markus 9 Kom my ongeloof tot hulp! Ds Gustav Opperman 2017 11 19 Markus 9 (Voorbereiding) Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 65 & Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 554
bottom of page