top of page

Kom soos jy is, maar jy kan nie bly soos jy is: Heilig jou!
Bybelstudie 30 Exodus 19 - Woorde uit sy Woning
Kom soos jy is! Kom met al jou sonde, met al jou gebreke, met al jou verlorentheid, met al jou hartseer, met al jou eensaamheid, Kom soos jy is ...Maar jy kan nie bly soos jy is nie: Heilig jou! Daar is al meer male probeer om die die boek Eksodus te verfilm. Al die elemente van 'n groot drama is daarin opgesluit. * 'n Opwindende draaiboek. 'n Uitkoms van 'n onderdrukte volk uit die greep van 'n wrede despoot. * Opwindende spesiale effekte van doringstruike wat nie uitbrand nie, tot plae en vloede op 'n ongekende skaal. * Sterk karakters soos Moses en Farao wat onwrikbaar teenoor mekaar staan. In hierdie gebeure skuil daar egter veel meer as net 'n goeie storie. Hierdie is geskiedenis, die geskiedenis van die HERE en sy volk Israel en die wyse waarop Hy te werk gaan om hulle te verlos. In hierdie gebeure sal gelowiges en geloofsgemeenskappe hulself raaksien, maar ook, so bid ons, sal hulle daardeur hul Verlosser Jesus Christus leer ken. Hierdie is die 30ste video in die Eksodus Bybelstudiereeks. U sal daar onder die afdeling: Bybelstudies die duimdruk vind vir die Eksodus Bybelstudiereeks: Verlos om te dien. Bron: Exodus 19:7 Kom Eksodusreeks#30 Verlos om te dien Kom soos jy is, maar jy kan nie bly soos jy is: Heilig jou! Ds Gustav Opperman 2019 02 05 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 496
bottom of page