top of page

Leef as oorwinnaars!
Preek Openbaring 12 - Woorde uit sy Woning
Te midde van die chaos wat ons tans omring, te midde van die warboel van idees en gedagtes, wat tans deur die wêreld spoel en dreig om ons te verswelg, is dit nodig dat ons weer vir ‘n slag terugstaan, dat ons weer ‘n slag mooi fokus om te sien wat eintlik aan die gang is, om te sien waarmee ons besig is, of miskien, waarmee ons besig behoort te wees. Woordverkondiging: Openbaring 12, ds Gustav Opperman,. Besoek ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning vir bykans 600 preke, Bybelstudies en dagstukkies. En hoe groter die chaos en die wanorde, hoe deurmekaarder dinge is, hoe verder moet ons wegstaan ... Verder terugstaan as wat Johannes in Openbaring 12 terugstaan, kan mens nie eintlik nie. In sewentien Bybelverse word die hele wêreldgeskiedenis opgesom, in een kort hoofstuk, word daar met ‘n paar kwas strepe ‘n prent geskilder van waar alles, alles vandaan kom en waar alles op pad is heen. ‘n Vrou, een besonderse Kind en haar ander kinders teen die Draak en sy meelopers. Dis die twee tekens. Eers oorlog in die hemel en dan oorlog op aarde oorlog teen die Vrou se ander kinders. Dis wat gebeur. Daar het u dit. Die hele Bybel saamgevat. ‘n Vrou soos geen ander vrou nog ooit was of kon wees nie. Omhul deur die heerlikheid van die son en die maan met twaalf sterre wat haar kop bekroon. Die vrou is die geloofsgemeenskap, God se verbondsvolk wat vanaf Génesis een vir ons beskryf word ... Uit haar sou daar ‘n talle kinders gebore word, maar veral Een trek die aandag ... Een uitstaande Kind wat die toegespitste aandag van ‘n Draak trek ... ‘n magtige vuurrooi draak met sewe koppe, met sewe krone met ander woorde met sewe verskillende manifestasies van heerskappy, met tien horings met ander woorde met tientalle magsmiddelle ... Een uitstaande kind, wat reeds by sy geboorte ge-elimineer moes word, verslind moet word, wat saam met al die ander babaseuntjies in Betlehem deur Herodes se bloedige swaard moes omkom. Ons weet hoekom die Draak die Kind moes doodmaak want Hy het gekom Hy het gekom om versoening te bring vir God se kinders, om God se heerskappy te herstel. Hy het gekom om al die nasies met ‘n ystersepter te regeer. Bron: Openbaring 12 Leef as oorwinnaars! Grendelpreek Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2021 07 04 Kry 'n gratis transkripsie van preke weekliks: (Ons het ongelukkig nie transkripsies van Bybelstudies en Dagstukkies nie.) Ons gemeente is 102 jaar oud. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Met dank en erkenning: Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers Gemeentesang: Psalm 8 position: 155
bottom of page