top of page

Lieg en bedrieg? Leuse van ons tyd!
Bybelstudie 40 Exodus 20 - Woorde uit sy Woning
Een van die duidelikste bewyse van ons tyd dat die duiwel nou aan 'n lang tou is en baie baie kwaad doen: lieg, bedrieg, bedrog, korrupsie: Dis die leuse van ons tyd! Volg die Eksodus Bybelstudie: Verlos om te Dien op ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning. Hierdie is die 40ste video in die reeks. Daar is al meer male probeer om die die boek Eksodus te verfilm. Al die elemente van 'n groot drama is daarin opgesluit. * 'n Opwindende draaiboek. 'n Uitkoms van 'n onderdrukte volk uit die greep van 'n wrede despoot. * Opwindende spesiale effekte van doringstruike wat nie uitbrand nie, tot plae en vloede op 'n ongekende skaal. * Sterk karakters soos Moses en Farao wat onwrikbaar teenoor mekaar staan. In hierdie gebeure skuil daar egter veel meer as net 'n goeie storie. Hierdie is geskiedenis, die geskiedenis van die HERE en sy volk Israel en die wyse waarop Hy te werk gaan om hulle te verlos. In hierdie gebeure sal gelowiges en geloofsgemeenskappe hulself raaksien, maar ook, so bid ons, sal hulle daardeur hul Verlosser Jesus Christus leer ken. Om die volledige reeks in die regte volgorde te kyk, besoek asb ons YouTube-kanaal, Woorde uit sy Woning, se hoofblad. U sal daar onder die afdeling: Bybelstudies die duimdruk vind vir die Eksodus Bybelstudiereeks: Verlos om te dien. Bron: Eksodus 20:16 Negende gebod Lieg en bedrieg? Leuse van ons tyd! Eksodus Bybelstudie: Verlos om te Dien#40 Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning Woorde uit sy Woning 2019 05 14 Indien u Mediadienste finansiëel wil ondersteun, of ‘n ander bydrae wil maak tot Woorde uit sy Woning, kontak ons asb op Ons sal dit waardeer. Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 416
bottom of page