top of page

Net EEN Naam HERE wat hoor en verlos
Bybelstudie 7 Exodus 2 - Woorde uit sy Woning
Daar is al meer male probeer om die die boek Eksodus te verfilm. Al die elemente van 'n groot drama is daarin opgesluit. * 'n Opwindende draaiboek. 'n Uitkoms van 'n onderdrukte volk uit die greep van 'n wrede despoot. * Opwindende spesiale effekte van doringstruike wat nie uitbrand nie, tot plae en vloede op 'n ongekende skaal. * Sterk karakters soos Moses en Farao wat onwrikbaar teenoor mekaar staan. In hierdie gebeure skuil daar egter veel meer as net 'n goeie storie. Hierdie is geskiedenis, die geskiedenis van die HERE en sy volk Israel en die wyse waarop Hy te werk gaan om hulle te verlos. In hierdie gebeure sal gelowiges en geloofsgemeenskappe hulself raaksien, maar ook, so bid ons, sal hulle daardeur hul Verlosser Jesus Christus leer ken. Hierdie is die sewende video in die Eksodus Bybelstudiereeks. Bron: Bybelstudie nr 7 Net EEN Naam HERE wat hoor en verlos Bybelstudiereeks Eksodus Verlos om te dien Van ons preke het Afrikaanse en Engelse onderskrifte en het dus groter toeganklikheid vir gehoorgestremdes en anderstalige kykers. Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 position: 618
bottom of page