top of page

Ons verrotte DNA: Enigste Betroubare DNA toets

Preek Psalms 57 Heidelbergse Kategismus 3 - Woorde uit sy Woning

Ons verrotte DNA: Enigste Betroubare DNA toets vir gelowiges Die Ware DNA Maande lank het Dawid vuil rondgeloop. Die eerste stukkies vuilheid het verskyn toe hy Batseba op 'n afstand met sy oë begin streel het. Dawid het boodskappers gestuur en laat haar haal. En toe sy by hom inkom, het hy met haar gemeenskap gehad. (so staan dit in 2 Samuël 11 opgeteken). So vinnig as wat jy 'n oog knip, het daardie spatsels 'n groot vlek geword … 'n groeiende vlek op sy pragtige koninklike kleed. Daardie sonde skenk geboorte aan nog meer sonde. Op Batseba se swangerskap volg daar 'n reeks planne, 'n reeks leuens om die gevolge te bedek … om as't ware lappies oor die vlek vas te werk. Op daardie planne en leuens wat nie wou werk nie, volg daar beter planne en leuens. Tot Dawid se hande naderhand bevlek is… Bloedbevlek! Dit was die bloed van Uria, sy getroue soldaat, 'n lyfwag wat bereid was om sy lewe vir hom neer te lê. Vir Koning Dawid staan dit toe vry om Batseba in sy paleis te neem, om hom om die weduwee te ontferm, om haar te vertroos, om 'n vader vir die kind te wees. Wat die oog nie sien nie, sal die hart nie pla nie. In hierdie tyd bring koning Dawid nog steeds sy offers. Daar is niks in die Skrif wat sê dat Dawid se kerkbywoning in die tyd afgeneem het nie. Maar die ding wat Dawid gedoen het, was verkeerd in die oë van die Here (2 Samuël 11:27). Al daardie spatsels en vlekke en bloedkolle staan egter duidelik uit vir die Goddelike oog. Dit kos Natan, die profeet, om die Koning tot besinning te dwing: Jy is die man! kom dit soos 'n donderslag. Dawid het doodgeslaan. Die sesde gebod. Dawid het egbreuk gepleeg. Die sewende gebod. Dawid het leuens vertel. Die negende gebod. Dawid het sy naaste se vrou begeer. Die tiende gebod Skielik soos in die helder lig van 'n weerligstraal sien Dawid homself vir die eerste keer behoorlik. En hy besef … “Ek is vuil! Genade God, kyk hoe vuil is ek!” Met hierdie woorde is die koning nie besig om die blaam te probeer verskuiwe nie. Hy is nie besig om die skuld vir sy optrede op sy ouerhuis of sy afkoms te probeer laai nie. Dis die oplossing van die sielkunde en die psigiatrie. Nee, met hierdie woorde lei die Heilige Gees ons en die kerk van alle eeue om die volle omvang van die menslike ellende te begryp. Ek is met sonde geprogrammeer. Die skuld is deel van my menslike DNA ... Musiek: 1) Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 2) Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Preek Bron: Ons Verrotte DNA Psalm 51 HK 3 Vr6-8 (2017 03 26) position: 649

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page