top of page

Skuil by God. Te midde van opstand teen God.

Preek Psalms 2 Heidelbergse Kategismus 8 - Woorde uit sy Woning

Dis die Drie Enige God wat in Psalm twee aan die woord is. Dis teen die Drie-enige God dat die nasies van die aarde in opstand is. Hulle is in opstand teen die Goddelike Woord hulle wil die juk van die Goddelike wet van hulself afwerp. Die konings van die aarde wil hulle, die Vader die Seun en die Heilige Gees se bande stukkend breek. Die vorste en regters wil hulle, die Vader die Seun en die Heilige Gees se toue van hulle afwerp. Die wêreldgeskiedenis, die wêreldgebeure, wat ons vandag beleef is ‘n geskiedenis van rustelose woelinge ... maar daar is een deurlopende draad ... dit vertel die verhaal van ‘n opstand teen God. Dit vertel die verhaal van alliansies, bondgenootskappe wat teen God en sy gesalfde gevorm word. Dis daarom dat die eerste Jerusalemse gemeente ... daar in Handelinge 4 ... daar toe hulle verdrukking ervaar het, ook duidelik besef dat dit ‘n vervulling van Psalm twee is. Jesus Christus sal uiteindelik oor alles heers. Ook oor die nasies wat in opstand is teen die Gesalfde van God. Die implikasie hiervan word in Mat 28:18,19 uitgespel. Daar verklaar die Here Jesus: Alle mag in die hemel en op die aarde is aan my gegee, Gaan heen en maak dissipels. Ons hoef nie mense te oortuig om Jesus te aanvaar nie ... nee geliefdes, ons moet sy majesteit en sy deugde verkondig ... Bron: Skuil by God. Te midde van opstand teen God. Psalm 2 Troos uit die Psalms Elfde video uit Troosreeks: Bely uit die Psalms Heidelbergse Kategismus Sondag 8 Vr 24, 25 Musiek gebruik in hierdie video: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 615

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page