top of page

Stry! Wees paraat vir die werklike stryd.
Bybelstudie 26 Exodus 17 - Woorde uit sy Woning
Dis 'n werklikheid: Daar's 'n stryd en jy moet ook vir daardie stryd parraat wees. Daar's 'n stryd tussen die saad van die vrou en die saad van die slang, van die begin van die wêreld tot die einde toe. Daar is al meer male probeer om die die boek Eksodus te verfilm. Al die elemente van 'n groot drama is daarin opgesluit. * 'n Opwindende draaiboek. 'n Uitkoms van 'n onderdrukte volk uit die greep van 'n wrede despoot. * Opwindende spesiale effekte van doringstruike wat nie uitbrand nie, tot plae en vloede op 'n ongekende skaal. * Sterk karakters soos Moses en Farao wat onwrikbaar teenoor mekaar staan. In hierdie gebeure skuil daar egter veel meer as net 'n goeie storie. Hierdie is geskiedenis, die geskiedenis van die HERE en sy volk Israel en die wyse waarop Hy te werk gaan om hulle te verlos. In hierdie gebeure sal gelowiges en geloofsgemeenskappe hulself raaksien, maar ook, so bid ons, sal hulle daardeur hul Verlosser Jesus Christus leer ken. Hierdie is die 26ste video in die Eksodus Bybelstudiereeks. U sal daar onder die afdeling: Bybelstudies die duimdruk vind vir die Eksodus Bybelstudiereeks: Verlos om te dien. Bron: Exodus 17:8-16 Stry! Wees paraat vir die werklike stryd. Eksodus Bybelstudiereeks#26: Verlos om te dien Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2018 11 13 Musiek: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 523
bottom of page