top of page

Verlos oor eeue. Kerk vir alle soort mense

Bybelstudie 27 Exodus 18 - Woorde uit sy Woning

Daardie verlossing, daardie Eksodusgebeure, was nie net vir Israel nie. Dit was inderdaad vir al die kinders van God oor die eeue heen. Daar is al meer male probeer om die die boek Eksodus te verfilm. Al die elemente van 'n groot drama is daarin opgesluit. * 'n Opwindende draaiboek. 'n Uitkoms van 'n onderdrukte volk uit die greep van 'n wrede despoot. * Opwindende spesiale effekte van doringstruike wat nie uitbrand nie, tot plae en vloede op 'n ongekende skaal. * Sterk karakters soos Moses en Farao wat onwrikbaar teenoor mekaar staan. In hierdie gebeure skuil daar egter veel meer as net 'n goeie storie. Hierdie is geskiedenis, die geskiedenis van die HERE en sy volk Israel en die wyse waarop Hy te werk gaan om hulle te verlos. In hierdie gebeure sal gelowiges en geloofsgemeenskappe hulself raaksien, maar ook, so bid ons, sal hulle daardeur hul Verlosser Jesus Christus leer ken. Hierdie is die 27ste video in die Eksodus Bybelstudiereeks. U sal daar onder die afdeling: Bybelstudies die duimdruk vind vir die Eksodus Bybelstudiereeks: Verlos om te dien. Bron: Exodus 18:1-12 Kerk vir alle soort mense. Verlos oor eeue. Eksodus Bybelstudiereeks #27 Verlos om te dien Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning (2019 01 15) Musiek: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 155 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 517
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

vitae tempus quam pellentesque nec nam aliquam sem et tortor consequat id porta nibh venenatis cras sed felis eget velit aliquet sagittis id consectetur purus

​

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page