
1) Onse Kategismus vir Kinders
Liggaam en Siel Sondag 1 Vr1 Ds Faan Smit WoordeuitsyWoning Volledig
Volg Sondagmiddae die reeks kort video’s waarin Bybelse waarhede deur die Heidelbergse Kategismus interaktief en spelenderwys met ‘n groepie kinders verduidelik word. Die aanbieder is ds Faan Smit, GK Heidelberg. Faan het ‘n besondere talent ontvang om die Skrifwaarhede verstaanbaar en aanskoulik oor te dra. Ons glo dit sal aanklank vind by oud en jonk, kerkrade, kategete en skole tegelyk en ‘n leemte vul. Ons vra u voorbidding en ondersteuning vir hierdie groot projek.
Bron: Heidelbergse Kategismus Sondag 1
Opnamedatums: 2022
Musiek gebruik in hierdie video:
Psalmverwerking: Henning Dafel
Outro Music: Opus One Creative Commons Attribution 4.0
Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/
Artist: http://audionautix.com/