top of page

Bedelaars gered! Prys God! Blye Bybelse Boodskap

Preek Psalms 147 Heidelbergse Kategismus 7 - Woorde uit sy Woning

Verlede week het die HERE ons uit die dieptes gans verlore opgehaal, en hy het ons op die hoogste piek van die Drakensberge geplaas Hy het ons ‘n uitsig op die ewigheid gegee. Daar omvou Hy ons met die liefde van Jesus Christus. Wie is dit wat die HERE genees? Wie se wonde verbind Hy? Wie is dit wat Hy weer oprig? Dis die wat gebroke is van hart. Dis vir hulle dat die Here Jesus aarde toe gekom het. Hy sê dit in soveel woorde in Lukas 4 Die Christus is gesalf om die evangelie aan die armes te bring. Die Vader het Hom gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees (Lukas 4:18) Daar’s baie gebroke harte in hierdie wêreld. Mense met ‘n liefdesteleurstelling, Gesinsverbrokkeling Ekonomiese rampe. Al hierdie dinge breek ons harte. Daar is genoeg om almal se hart elke dag te breek, maar dis nie waarna hier verwys word nie. Die verbryselde hart, wat die HERE genees, is daardie gebroke hart van Psalm 38 ... daar waar ons saam met die Psalmdigter sing: Ag hoe lelik is die wonde van die sonde, Dis die wonde van my sonde, wat die geneesheer van Israel verbind. Dis daardie gebroke hart, wat genesing nodig het. Die wat meen dat hulle nie die Geneesheer nodig het nie ... die wat meen dat hulle op hulle eie bene kan staan ... dat hulle op die kragtige bene van hulle perde of Toyotas kan reken ... Word hulle gered? Bron: Bedelaars gered! Prys God! Blye Bybelse Boodskap Psalm 147 HK 7 Vr 20 21 Reeks: Troos uit die Psalms 10de video Musiek gebruik in hierdie video: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 619

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page