top of page

Die nuwe lied? Wat is dit? Wie sing dit?
Bybelstudie 22 Exodus 15 - Woorde uit sy Woning
En die Lied van Moses word ook elders beskryf as Die Nuwe Lied. Wat is die bedoeling wanneer daar gepraat word van Die Nuwe Lied? Oorwinningslied van die Israeliete ... Toe het Moses en die kinders van Israel hierdie lied tot eer van die HERE gesing ... Sing tot eer van die HERE, want Hy is hoog en verhewe! “ (Eksodus 15) “En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met hom 144,000 met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe ... En hulle het 'n nuwe lied ugesing voor die troon ... (Openbaring 14) Daar is al meer male probeer om die die boek Eksodus te verfilm. Al die elemente van 'n groot drama is daarin opgesluit. * 'n Opwindende draaiboek. 'n Uitkoms van 'n onderdrukte volk uit die greep van 'n wrede despoot. * Opwindende spesiale effekte van doringstruike wat nie uitbrand nie, tot plae en vloede op 'n ongekende skaal. * Sterk karakters soos Moses en Farao wat onwrikbaar teenoor mekaar staan. In hierdie gebeure skuil daar egter veel meer as net 'n goeie storie. Hierdie is geskiedenis, die geskiedenis van die HERE en sy volk Israel en die wyse waarop Hy te werk gaan om hulle te verlos. In hierdie gebeure sal gelowiges en geloofsgemeenskappe hulself raaksien, maar ook, so bid ons, sal hulle daardeur hul Verlosser Jesus Christus leer ken. Hierdie is die twee-en-twintigste video in die Eksodus Bybelstudiereeks. U sal daar onder die afdeling: Bybelstudies die duimdruk vind vir die Eksodus Bybelstudiereeks: Verlos om te dien. Bron: Eksodus 15 Die nuwe lied. Wat is dit? Wie sing dit? Ds Gustav Opperman Eksodusreeks#22 Verlos om te dien (2018 10 16) Musiek gebruik in hierdie video: Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 538
bottom of page