top of page

Hou jy jou beloftes voor God? Leë beloftes? Hoe betroubaar is jy?
Preek 2 Korinthiërs 1 - Woorde uit sy Woning
Van hoeveel kan daar gesê word: “Sy woord is sy eer”? Ons sal moet rekenskap gee van al daardie “Ja”s in ons lewe: Die huweliksbeloftes, doopbeloftes, “Ja, ek sal lidmaat van Christus se kerk wees”, “Ja, ek sal ouderling wees”, “Ja” ek sal diaken wees”. Wat is dit dan nog werd dat ons hier voor die kansel staan en “Ja” sê op ons belydenisaflegging? Dis die onsekerheid in ons afsprake Dis die onsekerheid in ons “ja's” en in ons “nee's” … Dis die DV wat ons aan al ons ondernemings byvoeg … die “Deo Volente”, as die Here wil. Hoe seker kan ons dan nog wees? Hang daar dan nie 'n vraagteken oor alles in die lewe nie? Staan elke woord, elke afspraak, elke belofte nie dan op losse skroewe nie ? Die apostel Jakobus waarsku in sy brief: Laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie onder 'n oordeel val nie (Jakobus 5:12). Maar dit gaan ook verder As ons nie seker is van Paulus se afspraak woorde nie hoe kan ons dan seker wees van sy evangelie woorde ? As die dominee maar ook 'n mens is 'n mens wat afsprake maak en afsprake breek … Hoe kan ons seker wees dat dit wat hy sê, dit wat hy preek die waarheid is ? Dit is 'n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word (1Ti 4:9), so skryf die apostel by meer as een geleentheid aan Timoteus Hoe kan ons seker wees, Paulus ? Jy is maar ook net 'n mens en jou woorde … is hulle maar nie ook net “vleeslike wysheid” nie ? En daar is soveel “vleeslike wysheid” in omloop … In Paulus se tyd … en in vandag se tyd: politieke woorde, Trump se woorde, Rhamaphosa se woorde sielkundige woorde, godsdienstige woorde die woorde van teologiese professore, die woorde van Mohammed Moeder Aarde se woorde en die woorde van die god hier binne in my self … Almal het iets te sê. Na wie moet ons luister, Paulus Wie kan my sê waar die waarheid lê ? Kan jy my sê, dominee ? Bron: Hou jy jou beloftes voor God? Leë beloftes? Hoe betroubaar is jy? Is jou ja ja? Belydenisaflegging Ingemari Briel Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2019 11 17 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video: Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 475
bottom of page