top of page

n Tranegebed

Bybelstudie 6 Psalms 6 - Woorde uit sy Woning

“Wees my genadig, Here, want ek is verswak!” Hy maak sy fisiese toestand aan die Here bekend. Hy bring sy liggaamlike gebrokenheid na die Here toe. Psalm 6 Bybelstudie, ds Gustav Opperman, Woorde uit sy Woning. Martin Luther het die Psalmboek so hoog geag dat hy die Psalms “'n klein Bybeltjie” genoem het. Die Psalms omvat eintlik alles wat ons in die res van die Skrif kan lees. Dit omvat ook alles wat die gelowige hier op aarde kan belewe. Deurgaans word ons in en deur die Psalms voor die ewige God gestel, maar terselfdertyd ervaar ons ook as mense ons plek in die skepping. Verlede, hede en toekoms kom alles in perspektief binne die konteks van die Verbondsgod se handelinge in en deur Jesus Christus soos in die Psalms beskrywe. Hy is die sleutel van die kennis (Lukas 11:52) en Hy is ook die regte sleutel van die kennis waardeur die Psalms vir ons ontsluit word. Bron: Psalm 6 'n Tranegebed Psalm Bybelstudies: God se Liedere Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2022 01 11 Musiek gebruik in hierdie video 1) Ouverture: Psalm 130: Original Music for “Uit Diep van Donker Nagte” used in this video: Artist & Composer: Henning Dafel Overture Sangers: Mandi Opperman (Sopraan), Frikkie van Biljon (Tenoor), Lourens Erasmus (Bas) en Esmarie van Heerden (Alt). Overture Musikante: Henning Dafel - Klavier, Cathy Dafel - Altviool, Liza Cloete (neé Smit) – Viool Wieke de Wet – Harp Louisa van der Walt - Orrel Psalm 6:1,7 Psalmsing tot God’s eer (Odé Ensemble) Administratiewe Buro Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Tel: 018 297 3986/7/8/9 Faks: 018 293 1042 bestellings@gksa.co.za Toestemming: Ds Eric Kayayan position: 33
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page