
Onversoenbares versoen: Volk in sonde geval
Preek Psalms 85 Heidelbergse Kategismus 6 - Woorde uit sy Woning
Psalm 85 is ‘n kort Psalm, maar vol gewigte woorde ... woorde soos toorn, grimmigheid, goedertierenheid, geregtigheid ... Maar eintlik kan ons die Psalm baie maklik opsom, as ons die woorde van ons doopsformulier onthou: Daar staan: As ons soms in swakheid in sondes val, moet ons nie aan die genade van God twyfel of in die sondes bly lê nie. Daarin het ons ‘n samevatting van ons Skrifgedeelte. So is hierdie psalm vir ons besonder nuttig, want wie van ons gaan nie al struikelende en vallende deur die lewe nie? Psalm 85 getuig van die geloofsgemeenskap wat weereens in swakheid in sonde verval het. Dit, nadat hulle soveel genade van die HERE ontvang het. Nou in hulle nood gryp hulle weer vas aan daardie selfde genadige Verbondsgod. U sal onthou dat die Joods volk vir meer as 70 jaar in Ballingskap was. Psalm 85 is waarskynlik met hulle terugkeer geskryf. Let ‘n bietjie op hoe die land klem ontvang: die HERE het ‘n welbehae in die land gehad (vers 2) Mag sy heerlikheid weer in die land woon (vers 10). Ja, die HERE was hulle genadig. Hy het die Jakob se lot verander. Hy het hulle ongeregtigheid weggeneem, die gloed van sy toorn afgewend. Hulle kon nou weer terugkeer na die Beloofde Land. Die HERE het die hart van die Persiese Koning simpatiek gemaak. Hulle kon nou weer Jerusalem en die tempel herbou. Die HERE het vir hulle wonderlike leiers geskenk: Josua, die Hoëpriester, Nehemia die tempel bouer, Esra die Skrifgeleerde, Serubbabel die goewerneur. Die HERE het hulle beskerm teen hulle vyande ... Maar u weet, dit het maar sukkel-sukkel gegaan. Die Beloofde Land was nie die paradys nie. Daar was wel gewerk om alles weer herstel te kry, maar gou het die sonde die teruggekeerdes weer ingehaal, gou het hulle agtergekom dat hulle alweer in ‘n hopelose situasie was. Toe Israel uit Babel teruggekeer het, het begin om die offerdiens te herstel. Ons kan sê: hulle het dit met groot ywer gedoen. 'n Tydelike altaar is opgerig. Met die heropbou van die tempel is daar 'n begin is gemaak. Dit was 'n mooi tyd in die lewe van die kerk. Dit was 'n tyd van opbloei en nuwe lewe. Dit was ‘n tyd van Reformasie. Maar toe het daar skielik 'n verandering gekom. Die werk het tot stilstand gekom. Die bouwerk het gestagneer. Die tempel het onvoltooid bly staan. Wat was dan die probleem? Wel, aan die een kant het die Samaritane die werk aan die tempel begin dwarsboom. Verder het dit ook ekonomies sleg gegaan: Die oeste was swak, die inkomste min. Daarom het die Jode opgehou bou aan die huis van God. Die tyd om tempel te bou is nie gunstig nie, het hulle aangevoer. Hieroor het die profeet, Haggai hulle aangevat. Die volk maak asof die tye nie gunstig is om die huis van God te herbou nie, maar hulle sien wel kans vir hulle eie mooi huise. Ondanks die geldskaarste sien hulle wel kans daarvoor, maar die huis van die HERE laat lê hulle in puin. Dit is 'n geval van verkeerde prioriteite. Haggaï wys die volk vervolgens daarop dat die swak tye juis die gevolg is van die kerk se onverskilligheid. Dis die toorn van God vanweë die kerk se geestelike verval. Daarom straf God hulle. Daarom die uitroepe vanaf vers ses Herstel ons, o God van ons heil Sal Ú ons nie weer lewend maak, sodat u volk in U bly kan wees nie? Laat ons u goedertierenheid sien, o Here, en gee ons u heil! Daarom hierdie hartroerende gebed. Wanneer die volk se liefde verkoel, dan draai die HERE sy vriendelike aangesig weg. Ons maak ons skuld nog elke dag groter. En dis hier waar Psalm 85 vanaf vers 11 met ‘n verrassende wending kom. Dis hier waar ons Skrifgedeelte met die onmoontlike vorendag kom ... Bron: HK 6 Vr 18,19 Psalm 85 Onversoenbares versoen Musiek in hierdie video: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 position: 625