top of page

Sonder Christus? Goed begin, sleg geëindig? Keer terug!

Preek Psalms 8 Heidelbergse Kategismus 3 - Woorde uit sy Woning

Wat is die mens sonder Christus? Goed begin, sleg geëindig! Maar daar is genade. Keer terug na Christus as jy sy roepstem hoor. Volgens die Hindus en die Westerse New Agers is die mens op pad om self Goddelikheid te bereik. Volgens die radikale sosialiste is elke mens slegs klein onderdeeltjie in die groot staatsmasjien. Die nihiliste beskou die mens as nikswerd. Volgens hulle is die mens en die gemors, wat in die asblik gegooi word, op dieselfde vlak. Nou vra die Bybel ook: wat is die mens? Maar die Bybel vra dit anders. Psalm 8 vra dit in verwondering en aanbidding. Dan kom met Psalm 8 met ‘n ander Goddelike ironie na vore As Dawid opkyk, as hy die nagtelike hemel daarbo aanskou as Dawid die hemelruim sien, die maan en die sterre, die melkwegstelsels en die miljoene sterre wat God gemaak het wat God met sy vingers geplaas het, dan snak hy na sy asem. Die Skepping was nie vir God ‘n inspanning nie. Nee, dit was die werk van sy vingers. Hy het net gepraat en dit was so. Soos ‘n vaardige kunstenaar het Hy met sy vingers elke ster, elke sonnestelsel elke planeet en elke maan in hulle plek geplaas. Binne hierdie konteks raak Dawid verwonderd oor die mens die mens wat maar skaars ‘n stoffie binne hierdie astronomiese kosmos is. Wat is die mens dan? Die mens is die kroon van God se skepping. in ‘n sekere sin het ons nou die Goddelike plan soos ons belydenis dit uiteensit, begin vooruitloop. Ons is inderdaad nou nog by Sondae drie en vier. Ons is nou nog in die put van die ellende, maar dit is ook nodig dat ons aan Psalm 8 reg sal laat geskied, dat ons ook op ons wonderlike eindbestemming sal wys, wat hierdie Psalm vir ons aandui, wys waarheen die Here met sy broers en susters op pad is. Danksy sy genade. Op die oomblik moet ons egter weet dat God die mens so geskep het dat hy heilig voor Hom kon lewe. Ons kan nie soos die eerste mens in Génesis drie die blaam op die Skepper probeer plaas nie. Daar het Adam mos die HERE probeer verwyt dat die ellende die gevolg was van die vrou die vrou wat die HERE hom gegee het. Met ander woorde, as die HERE hom sonder ‘n vrou gelos het dan sou alles nog piekfyn gewees het!!! Wat het nou van die mens geword? Ons weet dat die mens nou voor God geen reg het nie. Baie mense, ook in hierdie land beroep hulle op ‘n handves van menseregte. Baie teoloë, ook van ons kerk het al lof van so ‘n handves besing. Voor God, en dit het nou vir ons die afgelope weke duidelik geword voor God het die mens sonder Christus net een fundamentele reg ... Wat is dit? Kyk die video tot aan die einde en vind uit ... Bron: Troos uit die Psalms 7de video Psalm 8 HK 3 & 4 2019 02 03 Musiek gebruik in hierdie video: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 Orrelis: Harry Jonkers position: 632

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page