top of page

Vrou in die amp? God se Kerkregering.

Bybelstudie 28b Exodus 18 - Woorde uit sy Woning

Mans is van nature lui. Hulle is verantwoordelikheid ontduikers en dan kom dit dat die vrouens ook die kerk regeer. Dis net minder werk vir mans! Daar is al meer male probeer om die die boek Eksodus te verfilm. Al die elemente van 'n groot drama is daarin opgesluit. * 'n Opwindende draaiboek. 'n Uitkoms van 'n onderdrukte volk uit die greep van 'n wrede despoot. * Opwindende spesiale effekte van doringstruike wat nie uitbrand nie, tot plae en vloede op 'n ongekende skaal. * Sterk karakters soos Moses en Farao wat onwrikbaar teenoor mekaar staan. In hierdie gebeure skuil daar egter veel meer as net 'n goeie storie. Hierdie is geskiedenis, die geskiedenis van die HERE en sy volk Israel en die wyse waarop Hy te werk gaan om hulle te verlos. In hierdie gebeure sal gelowiges en geloofsgemeenskappe hulself raaksien, maar ook, so bid ons, sal hulle daardeur hul Verlosser Jesus Christus leer ken. Hierdie is die 28(b) video in die Eksodus Bybelstudiereeks. U sal daar onder die afdeling: Bybelstudies die duimdruk vind vir die Eksodus Bybelstudiereeks: Verlos om te dien. Bron: Bybelstudie Eksodus 18:13 Vrou in die amp? God se Kerkregering. (Deel 2) Eksodusreeks#28b Verlos om te dien Ds Gustav Opperman Woorde uit sy Woning 2019 01 22 Musiek gebruik in hierdie video: Ons het toestemming om hierdie musiek te gebruik in ons video. Psalm 144 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 033 Orrelis: Harry Jonkers position: 512
274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

​

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page