top of page

Waarsku almal! Genadige waarskuwing

Preek Psalms 19 Heidelbergse Kategismus 2 - Woorde uit sy Woning

Wat jy moet weet! Genadige waarskuwing ... Vierde video in ons nuwe reeks Troos uit die Psalms Dis belangrik om te weet: Ons het kennis is nodig om ‘n krisissituasie te oorleef. Jy moet weet dat daar ‘n bosbrand aan die kom is ... dat jy betyds kan padgee. As jy nie die waarskuwing van die diefalarm ontvang het nie, dan het die booswigte jou in die bed betrap. As jou vader nie jou boude gewiks het nie, dan het jy op die warm kole getrap. Baie keer wanneer rampspoed ons tref, dan is die versugting: As ons maar geweet het! Om te oorleef, moet jy weet. Wanneer jy die erns van jou situasie besef, dan behoort jy ook die wagter op die muur dankbaar te wees ... die een wat jou gewaarsku het. U weet, soveel van die mensdom is besig om op ‘n sinkende skip te slaap, soveel is besig om in hulle brandende huis partytjie te hou, soveel is besig om op die kolevuur van die hel af te stuur ... omdat hulle nie besef wat aangaan nie! Die HERE weet dit ook en omdat Hy nie wil hê sy kinders moet vergaan nie, bemagtig Hy ons met kennis ... Eerstens kennis om ons te laat besef hoe ernstig die situasie is, hoe groot die gevaar is, hoe akuut ons ellende is. Daarom het God nog altyd sy predikers gestuur: Noag, die prediker van God se geregtigheid, Moses voor die tien plae Egipteland getref het, Jeremia voor die val van Jerusalem, Jesus voor die verwoesting van die tempel, Paulus in die laaste dae. Hulle is die wagters op die mure. Hulle blaas die basuin in die nag. Hulle waarsku dat ons onder die oordeel van God staan, waarsku dat God se oordeel aan die kom is. Die toorn van God word van die hemel af geopenbaar. Dis hoe Paulus sy monumentale leerstuk aan die Romeine begin. God se gramskap word oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid geopenbaar. Dit word geopenbaar oor mense wat die waarheid onderdruk. Daardie waarheid is duidelik sigbaar in die skepping. God se ewige krag, sy goddelikheid kan van die skepping duidelik gesien word. So skryf die apostel in Romeine een (Romeine 1:18,20). Dis wat Psalm 19 ook vir ons sê: Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande. Die sterrehemel leer ons iets ontsaglik belangrik en dit is dat God geëer moet word. Eer kom God toe! Bron: Waarsku almal! Ds Gustav Opperman 2017 03 19 HK 2 Vraag 3-5 Psalm 19 GK Matlabas aanddiens 2017 03 17 Lees Psalm 19 en Heidelbergse Kategismus Sondag 2 Vraag 3: Waaruit ken jy jou ellende? Antwoord: Uit die wet van God. Vraag 4: Wat eis die wet van God van ons? Antwoord: Dit leer Christus ons samevattend in Matteus 22:37-40: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelyk staan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete. Vraag 5: Kan jy dit alles ten volle nakom? Antwoord: Nee, want ek is van nature geneig om God en my naaste te haat. Tema: God se genadige waarskuwing: die wet Musiek: Sola Sacra Scriptura Potchefstroomse Mannekoor Olv Babs Brouwer babsbrouwer@mweb.co.za sel:083 306 4525 Slot: Psalm 65 Glorieryke Psalms www.ico.org.za info@ico.org.za Tel: 0824914965/ 012 332 0336 position: 654

274786248_527254085490123_3841177742869468131_n.jpeg

Wie is ons?

Ds Gustav Opperman is ‘n emeritus dominee, tot einde Februarie 2022 nog verbonde aan die Gereformeerde Kerk Matlabas, GK Matlabas. Saam sit ds Gustav en Ina, sy eggenote, hulle roeping voort...

Lees meer

 

Teken in op ons nuusbrief

Dankie vir die ondersteuning.

  • Facebook
  • Telegram-icon-with-black-color-on-transparent-background-PNG
  • Whatsapp
  • YouTube
bottom of page