top of page

Wie mag voor God verskyn?
Bybelstudie 15 Psalms 15 - Woorde uit sy Woning
Van die vrae wat Psalm 15 by jou oproep, is: Wie kan inderdaad voor die Here verskyn? Wie mag woon op sy heilige berg? Volg die Psalm Bybelstudiereeks Woensdae op @WoordeuitsyWoning. Dit word aangebied deur ds Gustav Opperman en Ina hanteer die redigering. Martin Luther het die Psalmboek so hoog geag dat hy die Psalms “'n klein Bybeltjie” genoem het. Die Psalms omvat eintlik alles wat ons in die res van die Skrif kan lees. Dit omvat ook alles wat die gelowige hier op aarde kan belewe. Deurgaans word ons in en deur die Psalms voor die ewige God gestel, maar terselfdertyd ervaar ons ook as mense ons plek in die skepping. Verlede, hede en toekoms kom alles in perspektief binne die konteks van die Verbondsgod se handelinge in en deur Jesus Christus soos in die Psalms beskrywe. Hy is die sleutel van die kennis (Lukas 11:52) en Hy is ook die regte sleutel van die kennis waardeur die Psalms vir ons ontsluit word. Bron: Psalm 15 Wie mag voor God verskyn? Psalm Bybelstudiereeks: God se Liedere Ds Gustav Opperman 2022 03 22 Music used in this video: Intro: 1) Ouverture: Psalm 130: Original Music for “Uit Diep van Donker Nagte” used in this video: Artist & Composer: Henning Dafel Overture Sangers: Mandi Opperman (Sopraan), Frikkie van Biljon (Tenoor), Lourens Erasmus (Bas) en Esmarie van Heerden (Alt). Overture Musikante: Henning Dafel - Klavier, Cathy Dafel - Altviool, Liza Cloete (neé Smit) – Viool Wieke de Wet – Harp Louisa van der Walt - Orrel Outro: Music used obtained from YouTube Audio Library. With thanks and appreciation: Opus One Creative Commons Attribution 4.0 Opus One by Audionautix is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 license. https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/ Artist: http://audionautix.com/ position: 61
bottom of page